Sy kon nie vir ’n beter laaste dag gevra het nie. Hulle was heeltyd saam.
Die trane loop oor haar wange, maar Evette Wannenburg slaag aandoenlik eerlik daarin om die gebeure van daardie dag onder woorde te bring.
Die dag twee maande gelede toe haar man, die oud-Bok-voorspeler Pedrie Wannenburg, so onverwags in ’n motorongeluk in hul tuisstad, Houston in Amerika, gesterf het.