Toe die mannetjie daar met sy vliegtuig land terwyl hulle almal “sountoe” gery het… het Whitey Basson geweet hy en Markus Jooste hy sal nooit pelle wees nie. Hy vertel aan Hanlie Retief hoe die Steinhoff-kaartehuis inmekaargetuimel het, met sy vriendskap met Christo Wiese in stormwaters.
Whitey Basson het Markus Jooste die eerste keer op ’n Wilgenhof-reünie raakgesien waar Jooste belaglike bedrae op skilderye gebie het.
“So ’n veiling is vir liefdadigheid, nie om windgat te wees nie. As jy R40 000 vir ’n R10 000-skildery betaal, is dit jou ego wat praat.”