Wanneer mense hom uitvra oor sy grootwordjare, kan hy maklik vir hulle sê hy het sonder ’n pa grootgeword en dit het hom geknou, maar hy doen dit nie. Hy vertel vir hulle iets ánders, het Jody Hendricks aan Murray La Vita gesê.
Toe sy pa in 2015 sterf, was dit vir hom soos die dood van ’n vreemdeling. Hy het geen emosie ervaar nie.
Dit voel vreemd om hierdie somber woorde uit die mond van Jody Hendricks te hoor, iemand wat jy gewoonlik as opgeruimd, glimlaggend en lewenslustig ervaar.