Herman Mashaba, wie se ActionSA die X-faktor in die afgelope plaaslike verkiesings was, praat reguit oor koalisies, die DA se arrogansie en hoekom hy nooit met die ANC ’n koalisie sal aangaan nie.
Hy was ’n rockstar-burgemeester in Johannesburg, en nou het die charismatiese entrepreneur dit weer gedoen: In die afgelope plaaslike verkiesing is Herman Mashaba ongetwyfeld Speler van die Wedstryd.