Elke oggend word Gerrie Kachelhoffer wakker en sien ’n vreemde vrou langs hom.
Hy weet nie wie en waar hy is nie. Hy ken die name van sy vrou en twee oudste dogters, maar weet nie hoe hulle lyk nie. Hy weet ook hy is lief vir Jesus en grondboontjiebotter.
Niks meer nie.