Toe Flip Buys in 1997 as 34-jarige die Mynwerkersunie (MWU) se hoofsekretaris geword het, was die MWU in ’n krisis en die myners moerig oor die vakbond se grondwet moes verander om insluitend te wees.
Een aand op ’n groot vergadering in Vanderbijlpark se Yskor-klub het ’n oom opgespring en gesê hy sal baklei tot die bittereinde, hierdie vakbond bly soos hy is.