"Wanneer ek op die verhoog staan en perform en die crowd dreunend woord vir woord my songs saamsing, dan timetravel my siel terug na daai 12-jarige seun wat in pa se huis tennisraket-kitaar speel soos ’n wafferse popster in die Superbowl. Dis daai AHA-oomblik waar ek besef hoekom ek geskape is, ’n epiphany wat die meaning van life uitklaar.”