Die feit dat ons steeds met onopgeloste krisisse van die verlede te doen het, dui daarop dat ons dalk opnuut na die verlede sal moet kyk, sê Thula Simpson, skrywer van History of South Africa, aan Gert van der Westhuizen.
Dit wil gedoen wees om ’n algemene geskiedenis van die moderne Suid-Afrika te skryf – verskillende groepe in die land bekyk die verlede immers deur verskillende brille en meningsverskille oor die geskiedenis ontlok gereeld hewige en dikwels onverkwiklike debatte.
Baie mense meen ook dit is onsinnig om nog ’n boek oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis te skryf. Die geskiedenis verander mos nie?