Dis vanjaar ’n eeu sedert die dood van Abraham Morris, een van die merkwaardigste helde wat Suider-Afrika nóg opgelewer het, skryf Koos Marais.
Die dood van Abraham Morris op 4 Junie 1922, 100 jaar gelede, mag nie ongesiens verbygaan nie. Hy was een van die merkwaardigste helde wat Suider-Afrika nóg opgelewer het.
Morris is in ongeveer 1872 gebore in Warmbad, in die suide van wat vandag as Namibië bekend staan. Sy ma was van die Bondelswarts-stam van die Namas en sy pa ’n Skot.