Elon Musk het Twitter gekoop omdat hy ’n tiener in ’n volwassene se liggaam is en hy bevind hom nou in ’n gevaarlike penarie, het sy pa, Errol Musk, in ’n wydlopende onderhoud met Carryn-Ann Nel gesê.
Errol Musk het sy kommer uitgespreek oor sy seun omdat Twitter “een van die vier bene van ’n tafel vir die Demokrate is en nou het daai een been van die tafel uitgebreek”.
Op ’n vraag oor waarom hy dink Elon Twitter gekoop het, sê Errol: “Toe hulle The Babylon Bee verbied het, wat ’n satiriese YouTube-kanaal is wat soort van vir mense uitwys hoe belaglik hul standpunte is, het hy gesê hy gaan nou Twitter koop.”