Theo Kemp beskryf aan Murray La Vita hoe hy, as navorsing vir sy nuwe roman, saam met ’n Zoeloe-vriend die land deurkruis het en veral Afrikaner-monumente besoek het. Hy vertel ook hoe die huis van Jakes Gerwel hom geanker het.
Theo Kemp (46) sit op ’n riempiestoel by ’n ou tafel in Paulet Huis, die negentiende eeuse woning van wyle prof. Jakes Gerwel in Somerset-Oos.
“Ek het grootgeword op ’n plaas net so buite Humansdorp, so die omgewing hier . . . die Oos-Kaap praat met my. Daarom is dit vir my wonderlik om nou so gereeld hiernatoe te kan kom.”