Sy is die magtigste vrou in Suid-Afrika wat ’n sleutelrol speel in die Covid-19-bevelsraad. Willemien Brümmer skryf oor ’n tegnokraat vol teenstrydighede wat nie skroom om 03:00 in die oggend ’n nuuskonferensie te hou nie.
Sy is onlangs Suid-Afrika se “de facto-president” genoem, al het sy (in die oë van ’n middelklas gehoor) waarskynlik die charisma van ’n skoolvos.
Tog is sy vir ’n groot deel van Suid-Afrika ’n ma met “onaantasbare integriteit” – een met ’n raaiselagtige persoonlike lewe waaroor daar waarskynlik nog doktorale proefskrifte geskryf gaan word.