Die Universiteit van Johannesburg is ’n suksesverhaal omdat dié instelling nie sy RAU-wortels ignoreer nie, sê Letlhokwa Mpedi, nuwe UJ-rektor, wat Afrikaanse studente daarheen wil teruglok. Hy het met Erika de Beer gepraat.
Een groot voordeel van die trek na dié kantoor is die indrukwekkende uitsig oor die stad, wys prof. Letlhokwa Mpedi.
Maar wanneer hy op sy rooi stoel sit, kan dié panorama nie sy gedagtes op ’n syspoor lei nie.