Ronald Samuels vertel aan Murray La Vita hoe sy idilliese kinderjare in Pretoria skielik tot ’n einde gekom het toe hy as negejarige van sy gesin weggeneem en na die Kaapse Vlakte gestuur is.
Ronald Samuels raak bewoë wanneer hy sê sy “hero” is op 28 Augustus verlede jaar ná ’n hartaanval oorlede.
Hy praat per Zoom uit Gabarone in Botswana, waar hy die uitvoerende hoof van ’n maatskappy is, oor sy aangrypende memoire The Bitter Olive.