Deel

Proust met Hannes van Wyk

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hannes van Wyk
Hannes van Wyk

Wat is jou grootste prestasie tot dusver?

Dat ek al vir 30 jaar so gelukkig en bevoorreg is om in die vermaaklikheidsbedryf te werk. Dit is net genade!

Wat is jou idee van volmaakte geluk?

As ’n mens gelukkig is met jouself en vrede het met jou foute en tekortkominge.

Wat is jou gemoedstoestand op die oomblik?

Ek dink soos meeste mense moet ek ook aan myself werk om positief te bly. Al die probleme in die wêreld, misdaad?.?.?. dit maak alles baie moeilik.

Wat is jou gunstelingberoep?

Ek wil en wou maar van kleintyd af net een ding word en dit is akteur.

Wat is jou kosbaarste besitting?

Dit moet my huis wees. Ek woon in Kaapstad in ’n huis wat dateer uit die 1890’s.

Wat of wie is die grootste liefde van jou lewe?

Dit is daardie een persoon wat jy liefhet afgesien van alles?.?.?. en dan natuurlik my hondekinders, Mariet en Maggie.

Wat is jou gunstelingreis?

Griekeland en Oostenryk.

Wat is jou sterkste karaktereienskap?

Ek is hardwerkend, lojaal en hopelik nederig?.?.?. (Het julle gesien ek is op ’n billboard?)

Waar en wanneer was jy op jou gelukkigste?

’n Mens gaan deur fases in jou lewe?.?.?. ’n Lekker rol wat jy vertolk, ’n onderhoud wat regtig goed gegaan het, ’n mooi sonsondergang, as dit goed gaan met jou geliefdes, as jy sien hoe vrolik en gelukkig is jou hondekinders.

Wat is die een ding waarvan jy die minste hou?

Luiheid en arrogansie.

Wat is jou grootste vrees?

Dat mense vir wie ek lief is iets moet oorkom.

Wat is jou grootste uitspattigheid?

Ek is baie lief vir mooi goed vir die huis, enige iets met glas en kristal.

Watter lewende mens verag jy die meeste?

As ons kyk na wat in Oekraïne aangaan, wel, wel, wel?.?.?.

Waaroor is jy die meeste spyt?

Dat ek as kind nie al begin het om ander tale te leer praat nie.

Watter talent sou jy graag wou hê?

Ek wens ek kon mooi sing, maar ek sukkel maar om noot te hou.

Waar sal jy die graagste wil bly?

Kaapstad bly nommer een en dan het ek ’n groot liefde vir Griekeland.

Wat beskou jy as die grootste ellende?

As ou mense en diere swaarkry en ly.

Van watter eienskap in ’n man hou jy die meeste?

Gemoedelikheid.

Van watter eienskap in ’n vrou hou jy die meeste?

Opregtheid.

Watter eienskap van jouself is die betreurenswaardigste?

Ek bekommer myself te vinnig.

Watter eienskap in ander vind jy betreurenswaardig?

Skinderbekke en boelies op sosiale media.

Wat waardeer jy die meeste van jou vriende?

Lojaliteit en dat hulle lief is vir my afgesien van my tekortkominge.

Wie is jou grootste (fiktiewe) held?

Maja die by.

Wie is jou gunstelingskrywer(s)?

Mariël le Roux en Rudie van Rensburg.

Met watter geskiedkundige held identifiseer jy die maklikste?

Wolraad Woltemade se perd.

Wie is jou helde in die ware lewe?

My oorlede ma.

Watter lewende mens bewonder jy die meeste?

Dit was my ma.

Wat dink jy is die mees oorskatte deug?

Eerlikheid en stiptelikheid.

Wanneer vertel jy leuens?

As ek nie my groente wil eet nie.

Watter woord of frase gebruik jy te veel?

Die woordjie ja.

As jy iets aan jouself kan verander, wat sal dit wees?

’n Six pack!

Wat is jou gunstelingname?

Hannes!

Hoe sal jy graag wil sterf?

Omring deur my geliefdes en honde.

As jy ná jou afsterwe kon terugkom as ’n mens of ’n ding, wat dink jy sal dit wees?

’n Hond in iemand se huis soos myne.

Wat is jou motto?

As ek oor iets bekommer, sê ek altyd vir myself: “In die lig van die ewigheid, waaroor bekommer ons onsself nou eintlik?”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
17.80
-0.0%
Rand - Pond
21.95
+0.6%
Rand - Euro
19.29
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Platinum
991.29
+1.1%
Palladium
1,465.87
-0.8%
Goud
1,969.32
-0.6%
Silwer
24.07
+0.7%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos