Proust met Willem Theron

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Willem Theron
Willem Theron

Wat is jou grootste prestasie tot dusver?

Deur groot genade drie kinders en vyf kleinkinders.

Wat is jou idee van perfekte geluk?

’n Nature’s Valley-vakansie met die hele rumoerige spulletjie.

Wat is jou gemoedstoestand op die oomblik?

Reflekterend (pensive) maar verkieslik altyd positief.

Wat is jou gunstelingberoep?

Ek probeer op 70 steeds uitwerk waar ek die meeste kan verdien terwyl ek met vriende uiteet.

Wat is jou kosbaarste besitting?

2005 se Cheetah Curriebeker wat ek in November daai jaar gesteel het.

Wat of wie is die grootste liefde van jou lewe?

Strikvraag! My Pop, Karien, met wie ek 45 jaar gelede in Kroonstad getroud is. Vele meer, Pop!

Wat is jou gunstelingreis?

Binnelands net waar dit stil is, verkieslik ’n Karooplaas met ’n kruiwa hout, lamstjoppies en ontelbare sterre. Buitelands as ek kon altyd ou Europa met smal straatjies.

Wat is jou sterkste karaktereienskap?

Liefde vir mense.

Waar en wanneer was jy op jou gelukkigste?

Met elke kind en kleinkind se aankoms (en nie net geboortes nie, sommer elke keer as hulle aankom).

Wat is die een ding waarvan jy die minste hou?

Agterbaksheid en powere diens deur mense wat betaal word om net ’n basiese diens te lewer.

Wat is jou grootste vrees?

Soos baie ouers lê ek soggens drieuur wakker en bekommer my oor my geliefdes se welstand. Maar dan los ek dit graag vir ’n Hoër Hand wat kan help en slaap verder.

Wat is jou grootste uitspattigheid?

’n Groot bak pap en kaiings by die Boeremark of drie kunsflieks op een dag.

Watter lewende mens verag jy die meeste?

Wladimir Poetin steel ongelukkig tans daai titel by ’n hele swetterjoel plaaslike kandidate.

Waaroor is jy die meeste spyt?

Ek verkies om nie in my truspieël te leef nie so as ek iemand in die verlede gekwes het, sorry julle. In Hillbrow het ek ’n taxi teëgekom met ’n groot SORRY op sy agterruit. Net dit.

Watter talent sou jy graag wou hê?

Om die klavier in ons huis sonder bladmusiek te kan speel (of mét bladmusiek).

Waar sal jy die graagste wil bly?

Enige plek waar ek die see én my kleinkinders gelyk kan hoor.

Wat beskou jy as die grootste ellende?

Sekerlik om ’n geliefde te verloor.

Van watter eienskap in ’n man hou jy die meeste?

’n Omgeehart en betroubaarheid (die ou wat jy môreoggend tweeuur bel).

Van watter eienskap in ’n vrou hou jy die meeste?

Sagtheid en ja, daai omgeehartjie. Sy kan maar op die regte tyd kwaai wees, dit hou ons uit die tronk.

Watter eienskap van jouself is die betreurenswaardigste?

Uitstel. My Nuwejaarsvoornemens skop eers in Meimaand in.

Watter eienskap in ander vind jy betreurenswaardig?

Selfsug en onbetroubaarheid.

Wat waardeer jy die meeste van jou vriende?

Klein bederfies uit die bloute. ’n Onverwagte bakkie beestong, perlemoen of mangopoeding. Of ’n uitnodiging na enige plaas toe.

Wie is jou grootste (fiktiewe) held?

Baasspeurder Harry (Hieronymus) Bosch in Michael Connelly se boeke.

Wie is jou gunstelingskrywer(s)?

Die drie groot Afrikaanse “kriminele” (Deon Meyer, Rudie van Rensburg en Chris Karsten), Connelly en my groot Skandinawiese gunstelinge, Håkan Nesser en Arnaldur Indridason met hul lekker stadige moorde.

Met watter geskiedkundige held identifiseer jy die maklikste?

President M.T. Steyn en as ek mag, Vader Kestell.

Wie is jou helde in die ware lewe?

My oorlede pa en elke ander oom wat vir my ’n voorbeeld gestel het van eerbaarheid, liefde en hardwerkendheid.

Watter lewende mens bewonder jy die meeste?

Elke dapper Oekraïense vegter.

Wat dink jy is die mees oorskatte deug?

Mense wat glo dat jou besittings jou definieer en dat geld ’n deug is.

Wanneer vertel jy leuens?

SMS: Pop ek is oor ’n halfuur by die huis. As ek dan nie daar is nie, lees weer die SMS.

Watter woord of frase gebruik jy te veel?

Askies, hoe sê jy?

As jy iets aan jouself kan verander, wat sal dit wees?

Los maar, dis nou te laat!

Wat is jou gunstelingname?

Olivia, Joshua, Robin, Kristi en Ellie.

Hoe sal jy graag wil sterf?

Pynloos ná ek mooi klaar gegroet het. Maar soos my ma gesê: Ek is gereed my ou kindjie, maar nie haastig nie.

As jy ná jou afsterwe kon terugkom as ’n mens of ’n ding, wat dink jy sal dit wees?

As ’n strandhond met ’n lekker baas by Nature’s Valley.

Wat is jou motto?

Die lewe hoef nie perfek te wees om lekker en die moeite werd te wees nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 318/3
Sri Lanka 397/10
Rand - Dollar
15.96
+1.2%
Rand - Pond
19.91
-0.0%
Rand - Euro
16.81
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.17
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+1.4%
Goud
1,822.02
-0.1%
Silwer
21.68
+0.3%
Palladium
2,065.50
+1.9%
Platinum
958.00
+1.2%
Brent-ruolie
114.24
+2.6%
Top-40
62,976
+0.8%
Alle aandele
69,649
+0.6%
Hulpbronne 10
72,776
+1.3%
Industriële 25
77,685
+0.8%
Finansiële 15
15,895
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos