Die avonturier Riaan Manser praat met Murray La Vita oor vrees, onsekerheid, “die oseaan wat lê tussen sê en doen”, en oor hoe hy sy avonture nou in Afrikaans met kinders deel.
Riaan Manser (49) staan op die balkon van ’n houthuis in Bettysbaai. Hy kyk af na ’n vaartuig op die werf en sê:
“Met hom het ek en Vasti van Marokko af New York toe gevaar, die 11 000 km; en die trip van San Francisco af na Hawaii was 5 000 km, en die een met Fanafikile Lephakha van die Kanariese Eilande na Barbados, was ook 5 000 km. Daardie selfde boot – so, 22 000 km in totaal.”