Hy is ’n “waarheidsjagter”, sê Doug Abrams aan Murray La Vita. Die lewe is ’n avontuur waarin hy soek na die geheime van hoe om ’n goeie en sinvolle lewe te lei en ’n meer wyse, gesonder en regverdiger wêreld te skep.
Wanneer ’n globale pionier van hoop sê hy was as sewejarige op die punt om van die balkon van sy ouers se woonstel op die 20ste verdieping van ’n gebou in New York af te spring, is ’n mens heeltemal onkant betrap.
Dit is teen die einde van ons onderhoud deurspek van wyshede, geesdrif en hoop, dat Doug Abrams hierdie mededeling doen.