Leanie van der Vyver vertel aan Murray La Vita hoe sy as deel van ’n merkwaardige kunsprojek kledingstukke waaraan intieme herinneringe van pyn, trauma en magteloosheid kleef, in baaikostuums verander het en só die herinneringe omvorm het tot selfvertroue, beheer en bemagtiging.
Leanie van der Vyver (42) tel ’n driehoekvormige stukkie materiaal op (wit met twee dun swart strepe weerskante van ’n dikker rooi streep) en hou dit voor haar linkerbors. Sy kyk op en glimlag.
“Wat ek basies doen, is ek vat die kledingstukke en elkeen kry sy eie treatment, afhangende van hoe baie materiaal daar is. Hierdie is sokkies . . .