Haar debuut, wat binne ’n maand ná publikasie die algehele Afrikaanse topverkoper geword het, is soos ’n opstopper in die maag. Ilse Verster het aan Willemien Brümmer vertel hoekom vroue wat die slagoffers van narsistiese geweld is hul swye moet verbreek.
“Trek jou tekkies aan, en as jou voete die grond slaan, hardloop jy te stadig.”
Haar stem is sag, byna wrang, asof sy haar hoofkarakter se 40 jaar van hel in ’n huwelik met ’n narsis op haar tong kan proe. Met jou aanvaller agter jou en ’n muur voor jou is jy hulpeloos. Veral as die aanvaller jou man is.