Jonny Steinberg praat met Murray La Vita oor Nelson en Winnie Mandela – wat enorme figure van mitiese omvang was, maar ook “verbysterend geskende mense” – oor wie hy pas ’n biografie geskryf het.
Die onderhoud met die veelbekroonde skrywer Jonny Steinberg vind plaas in ’n hotel in Kaapstad. Hy is in Suid-Afrika om sy jongste boek, Winnie and Nelson: Portrait of a Marriage, bekend te stel.
Steinberg, wat deeltyds aan Yale en aan Wits klasgee, woon in Oxford, waar hy tot 2020 professor in Afrikastudie was. Sy vorige boeke sluit in One Day in Bethlehem, A Man of Good Hope, The Number en Midlands. Hy verken in dié boeke onderwerpe soos xenofobie, tronkbendes en plaasmoorde.