Ons lewe in die tyd van verskonings. Politieke verskonings en herstellende optrede kom dikwels ter sprake, maar wat minder aandag geniet, is wat dit beteken om régtig om verskoning te vra, sê Dee Smythe aan Murray La Vita.
Wanneer jy met mense oor apologie begin praat, het almal ’n storie en ’n standpunt, sê prof. Dee Smythe.
“So, daar is hierdie ding wat op ’n makrovlak gebeur waar jy op Twitter gaan kyk en al hierdie verskonings aantref: verskonings vir kolonialisme; vir slawerny . . . Allerhande dinge.