Die beskouing dat wit mense noodwendig in ’n soort doodloopstraat op ’n morele en selfs bestaansvlak verkeer, is iets wat uitgedaag word in ’n nuwe boek oor witwees waarvan sy ’n mede-skrywer en -redakteur is, sê prof. Christi van der Westhuizen aan Murray La Vita.
Sy stel baie belang in Afrikaners en Afrikaner-nasionalisme, sê Van der Westhuizen.
“Ek kom uit ’n familie met ’n ouma wat in die Ossewa Brandwag was en my ma wat nog in die sewentigs ’n Afrikaner-nasionalis was, weliswaar as verligte, maar later darem die lig gesien het.