Dr. Zweli Mkhize was dikwels ’n ja-broer in die stryd teen MIV/vigs en hy is beslis ’n uitgeslape politikus – maar oor een ding is kenners seker: Hy is ’n held in die stryd teen Covid-19. Willemien Brümmer berig oor ’n dikwels omstrede loopbaan.
“ ’n Toevallige held”.
Dít is hoe die politieke ontleder en skrywer dr. Ralph Mathekga die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, beskryf wat danksy Covid-19 ’n ereplek in die plaaslike heldegalery verwerf het.