Vandat Jacques Marais ’n tjokkertjie was, was hy lief vir fietsry.
“Toe ek kon loop, het ek al getrap. Ek het grootgeword in die Baviaanskloof en my eerste fiets was so ’n blou driewiel.
“Ná hom het ’n lekker rooi ou dikwiel gevolg. Ek ry fiets vandat ek omtrent kan loop; dis seker nou vir meer as 50 jaar. Ek is nou al ’n oom,” skerts die avontuurreisskrywer en fotograaf.