“As U my help, sal ek dit of dat vir U doen . . .”
Baie van ons het dalk al sulke beloftes aan die Here gemaak. Feit is, ons hoef nie. God het niks van ons nodig nie. Alles wat Hy vir ons doen, doen Hy verniet en onverdiend.
Paulus skryf in Efesiërs 2 God is ryk in jammerhartigheid. Daarom onderstreep elke gebedsverhoring en elke deurbraak in ons lewe Sy goedheid. Hy doen dit vir ons omdat Hy graag wil en nie maar net omdat ons so opreg gebid het nie. Of omdat ons sulke groot beloftes aan Hom maak nie. Selfs ook wanneer ons ook nie so dapper glo of bid nie, is Hy steeds genadig.