Ná ’n gesprek oor vampiere en skerp tande en bloed oor ’n bakkie ontbytpap, wonder Carla Lang waar haar seuntjie sy kennis oor dié bloeddorstige wesens gekry het.
“Het Mamma geweet ’n mens kry vampiere?”
“Huh?” ek gooi bietjie van die pap mis en dit land langs die bakkie op die toonbank.