“Wie is my naaste?” Wie van ons ken nie hierdie tydlose vraag nie? Die vraag word in Lukas 10 na Jesus se kant toe aangegee deur ’n skrifgeleerde.
Toe antwoord Jesus hom deur ’n gelykenis. Hy vertel hom van ’n man wat op die pad tussen Jerigo en Jerusalem deur rowers aangerand is en net daar agtergelaat is.
’n Priester en ’n Leviet het later by die arme man verbygestap. Maar hulle het hom nie gehelp nie. ’n Samaritaan het egter gestop en gehelp.