“Dit sal vir my ’n eer wees om die kerk se ligte vir oulaas af te skakel. Ek sal dit met graagte doen as ons ons kerkdeure moet sluit wanneer ons geen lidmate meer oor het nie.”
Iemand het dít eenkeer in ’n gesprek oor kerkwees kwytgeraak. “Dit klink of jy beplan om uit te sterf ter wille van die waarheid,” het iemand anders geantwoord.
“Ons sal nooit kompromitteer oor die waarheid nie, al moet ons ons kerk toemaak,” was sy enigste reaksie.