Onlangs toe ek by ’n middestadgemeente preek, besef ek opnuut watter opofferings in gemeentes gemaak word om die evangelie uit te dra, en om te oorleef.
Die plaaslike leraar by die einste gemeente moes jare gelede ’n tweede inkomste vir homself skep, want die gemeente kan hom nie meer ten volle betaal nie. Soos ’n Paulus van ouds gebruik hy nou sy dagwerk se inkomste om sy werk in die gemeente gedeeltelik te borg.
Maar hy verstaan sy roeping; daarom word hulpbehoewendes steeds gedien, en daarom volhard die gemeente vreugdevol.