Waarom word ’n mens moeg as jy werk?
Dink net hoe lekker sal dit wees om te werk sonder om moeg te word. Werk is nie ’n straf op die sonde nie. Die werkopdrag is voor die sondeval gegee (Genesis 2:15: Die Here God het die mens in die tuin laat woon om dit te bewerk en op te pas).
Adam en Eva sou met vreugde en sonder moeg word hul koningskap oor God se skepping kon uitoefen. Hulle het egter self besluit om teen die Here in opstand te kom. Die duiwel het hulle wel daartoe verlei, maar dit neem nie hul skuld weg nie. Hulle kon “nee” gesê het.