Die Christelike apologeet Ravi Zacharias het in die Lenin Militêre Akademie in Moskou gepraat oor ateïsme versus teïsme. Toe hy uitstap, sê die hoof van die akademie sag vir hom: “Ek is bevrees jy is reg, maar dit is moeilik om te verander as ’n mens vir 70 jaar lank leuens geglo het.”
Dit herinner my aan iemand wat ná ’n kerkdiens skertsend vir my gesê het: “Jy sê ons moet anders leef, maar dis nie so eenvoudig nie. Ek werk al jare aan my omgesukkelde persoonlikheid!”
Om te verander is moeilik. Vra vir Paulus, wat in Filippense 3 sê sy bekering was ’n verlies van alles wat vir jare lank betekenis aan sy lewe verleen het. Sy ontmoeting met Christus was die grootste wins ooit. Paulus het ’n nuwe skat ontdek. Deur sy keuse het hy nuwe lewe gekies.