Groot toets lê voor vir VP en PP: Woensdag se tussenverkiesings in die Transvaal en Natal is vir die drie parlementêre politieke partye baie belangrik. Saam met die uitslae van Caledon en Malmesbury kan dit ’n aanduiding wees van die verloop van die volgende Volksraadsverkiesing. Die Nasionale Party het min rede tot kommer, maar die Verenigde Party en die Progressiewe Party gaan die verkiesing benoud tegemoet.
Amerika erken dalk Smith-bewind: Amerika sal die Rhodesiese regering van mnr. Ian Smith in die nabye toekoms erken. Hierdie moontlikheid is gister deur een van pres. Richard Nixon se raadgewers in die Wit Huis genoem.
Lyk in Liesbeek geëien: ’n Blanke portier van die Grootte Schuur-Hospitaal is in die naweek in Rondebosch doodgeslaan. Sy lyk is daarna in die Liesbeek gegooi. Hy was mnr. Jan Briel, 24-jarige alleenloper van Observatory.