50 Jaar gelede in Die Oosterlig | 1 Oktober 1971

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Voorbladfoto-byskrif: Wat sou u gemaak het as u ’n boer was en u loop eendag sommer so in die veld rond en hier sien u ’n tamaai sementdam staan, waar ’n dag of wat gelede nog beeste gewei het? Dis reg ja, u sal wel u oë weer en weer vryf en suutjies nader stap en daaraan voel en vat, net om seker te maak dat dit wel so is. Wel, dit het gebeur, hier in Oos-Kaapland en die onlangse vloed in die Gamtoos was die oorsaak daarvan. Mnr. D. van der Watt wie se plaas net anderkant die Gamtoosrivier is, so teen die bultjie uit nadat mens oor die vlakte anderkant die Gamtoosbrug oor is, het eendag in sy veld gestap en tot sy stomme verbasing die yslike sementdam in sy veld sien staan. Hy wou dit eers nie glo nie, maar toe hy eindelik tot verhaal kom, kon hy net sy hande in absolute verbasing saam slaan. Die hele dam – en u kan op die foto sien hoe groot dit is – het in die vloed doer op in die vallei met bodem en wal en al los gespoel en op die massas modderwater aangedryf gekom, in die rigting van mnr. Van der Watt se plaas.

Nuwe komitee: Die Departement van Landbou-tegniese Dienste het in samewerking met die georganiseerde landbou ’n spesiale beplanningskomitee vir die Katriviervallei in die lewe geroep. Dié komitee het reeds begin met werksaamhede om die maksimum grondgebruik in die gebied te bewerkstellig. Die komitee bestaan uit twee lede elk van die drie boereverenigings in die vallei, plus die landbouvoorligtingsbeampte van Fort Beaufort.

Foto’s vir U.P.E.: Die feit dat voornemende studente wat aansoek doen om tot die nuwe koshuis van die Universiteit van Port Elizabeth toegelaat te word, ’n foto by hul aansoek moet insluit, beteken beslis nie dat studente op grond van hul voorkoms of die lengte van hulle hare gekeur gaan word nie, het prof. H.L. Crause, direkteur van koshuise van die U.P.E. op navraag gesê.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
besig om te laai... Regstreeks
Oman 81/4
Scotland 0
besig om te laai... Regstreeks
Knights 127/7
North West 42/0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.47
-1.2%
Rand - Pond
19.99
-1.2%
Rand - Euro
16.85
-1.1%
Rand - Aus dollar
10.85
-0.9%
Rand - Jen
0.13
-1.6%
Goud
1,781.22
-0.1%
Silwer
24.11
-0.8%
Palladium
2,004.00
-2.9%
Platinum
1,050.00
-0.3%
Brent-ruolie
85.82
+0.9%
Top-40
59,674
-1.3%
Alle aandele
66,189
-1.2%
Hulpbronne 10
61,545
-2.6%
Industriële 25
85,379
-0.1%
Finansiële 15
13,931
-1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos