50 Jaar gelede in Die Oosterlig | 14 Oktober 1971

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Klaar met rugby: Hannes Marais, Springbok-rugbykaptein van die O.P., sal weens ’n oogbesering voortaan nie meer rugby op enige vlak kan speel nie, het hy vandag . . . gesê. Hannes sê dat hy die oog op die laaste toer deur Skotland in ’n wedstryd beseer het toe hy ’n stamp gekry het. Die oog het sedertdien gepla en hy het ondervind dat hy met die oog steeds swakker begin sien het. Daarom het hy ná die Springbokspan se toer deur Australië ’n oogspesialis besoek. Hy het bevind dat die retina . . . op ’n sekere punt los geraak het en dat dit ’n blinde kol veroorsaak.

Minder weg: Al minder amptenare verlaat die Poskantoor en al meer wat groener weivelde elders gaan soek het, keer na die Poskantoor terug­. Dit is die mening wat in ’n hoofartikel van die Poskantoorpersoneel se tydskrif, die Pos- en Telegraaf-Herald, uitgespreek word. “Die getal vakante poste in die Poskantoor is stadig maar seker besig om te krimp. As dit so voortgaan, mag ons dalk binnekort vind dat daar net hier en daar ’n paar brak kolle is waar nie genoeg personeel gewerf word nie,” lui die artikel.

In die Savoy: The Baby-maker, met Barbara Hershey in die hoof- en titelrol. Die rolprent word as ’n volwasse drama geadverteer, wat dit in die volle betekenis van die begrip ook wel is. Eerder as wat ’n mens egter volwasse moet wees (wat dit ook al mag beteken) om dit te verstaan en waardeer, meen ek die sien daarvan kan heelwat bydra om ’n mens meer volwasse te maak. Die rolprent se basiese probleem, of eerder tema, is eintlik ’n ou een – die van die werklike betekenis van die vermoë om lewe te skep en die diepgaande, innige verandering wat dit by ’n ouer kan teweegbring.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.60
+1.1%
Rand - Pond
20.07
+0.6%
Rand - Euro
16.94
+1.1%
Rand - Aus dollar
10.83
+1.1%
Rand - Jen
0.13
+1.6%
Goud
1,767.22
-1.6%
Silwer
23.32
-0.9%
Palladium
2,076.50
-3.1%
Platinum
1,060.26
-0.1%
Brent-ruolie
84.00
+1.0%
Top-40
60,494
+0.2%
Alle aandele
67,029
+0.3%
Hulpbronne 10
64,347
-0.1%
Industriële 25
84,819
+0.7%
Finansiële 15
13,961
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos