50 Jaar gelede in Die Oosterlig | 2 Desember 1971

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Voorbladfoto-byskrif: Bertie van Eyk en Mary Mattison speel albei ’n rol in Aladdin on Ice wat op 10 Desember op die ysskaatsbaan in Port Elizabeth open. Die regisseuse, Jill Jagger, het gesê die welslae van Cinderella, wat verlede jaar in P.E. ook onder haar regie opgevoer is, voorspel ’n goeie bywoning vir die 32 vertonings van Aladdin on Ice. Bertie en Mary is albei van Port Elizabeth en leerlinge van Jill Jagger. Hulle is deel van die koor en speel die hoofrolle in die juweelballade. Volgens mev. Jagger sal daar ook ’n vertoning vir liefdadigheid gehou word. Die gala-vertoning word ten behoewe van die Geestesgesondheidsvereniging van Oos-Kaapland gehou.

Duur juwele: PARYS. – Een van die bekendste rolprentsterre, Elizabeth Taylor, sal vanaand by die “dansparty van die eeu” in ’n kasteel naby Parys letterlik skitter. Sy sal behalwe haar eie diamant van R700 000, ook ander juweliersware ter waarde van R2,1 miljoen dra! Dit sal by die weelderigste en uitsoekerigste dansparty in Frankryk, ook wemel van die speurders wat’n wakende ogie oor die juweelbehangde vroue sal hou! Die polisie sal met Elizabeth se aankoms al die ingange na die kasteel streng bewaak. Sy sal ’n hooftooisel met 1 000 edelgesteentes, spe­siaal ontwerp deur die juweliers Van Cleef, dra.

Skeuring: NONGOMA. – ’n Skeuring in die geledere van die Zoeloevolk het vandag op Nongoma finaal geword toe die jong Zoeloe-troonopvolger, prins Goodwill Zwelithini, geweier het om ’n kroon te aanvaar wat vir sy kroning as koning van die Zoeloes gemaak is.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.24
+0.2%
Rand - Pond
20.58
+0.1%
Rand - Euro
17.22
+0.4%
Rand - Aus dollar
10.92
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,851.19
+0.4%
Silwer
23.92
-0.3%
Palladium
2,208.50
+2.8%
Platinum
1,036.00
+0.3%
Brent-ruolie
86.27
-1.9%
Top-40
65,870
+0.3%
Alle aandele
72,315
+0.2%
Hulpbronne 10
72,883
+1.9%
Industriële 25
89,867
-1.2%
Finansiële 15
14,799
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos