50 Jaar gelede in Die Oosterlig| 20 Oktober 1971

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Voorbladfoto-byskrif: Die meisies van die Burgerlike Beskermingskollege op George is hier! Hulle het vandag uit Grahamstad, waar hulle gisteraand ’n konsert vir lede van die Weermag en die mense van die stad gehou het, aangekom. Vanaand om 6.25 voer hulle ’n vlagstrykingseremonie op die Westbourne-atletiekbaan uit. Mense wat die seremonie en die atletiekbyeenkoms daarna wil bywoon, moet hul sitplekke om 6.20 inneem. Van die meisies sal ook aan die ope atletiekbyeenkoms deelneem en drie van hulle het Suidwestelike Distrikte al op die atletiekbaan verteenwoordig. Hier is die meisies, kort na hul aankoms in Port Elizabeth, by ’n militêre voertuig, wat hulle self bestuur en in stand hou, afgeneem.

Skoonheid na Londen: Die Mej. Afrika-Suid-wedstryd wat reeds drie keer afgelas is, gaan voort. “Ek is oortuig daarvan dat die dreigemente oor die veiligheid van die deelneemsters net ’n klug was en daarom het ons besluit om tog ’n nie-blanke Mej. Afrika-Suid na die wêreldbyeenkoms in Londen te stuur,” het die organiseerder mnr. Harry Solarsh, aan Die Oosterlig gesê. Die wedstryd is reeds drie keer deur mnr. Solarsh afgelas.

Clay pleit: LONDEN. – Mohammed Ali, alias Cassius Clay, grootpraatkampioen en gewese swaargewig-bokskampioen van die wêreld, het vandeesweek hier ’n vurige pleidooi vir rasseskeiding gelewer. “Engeland vir die Engelse, China vir die Chinese en die swart state vir die swartes,” het hy voor sowat 1 000 studente van die London School of Economics gesê onder uitroepe van “onsin” en “apartheid”.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos