50 Jaar gelede in Die Oosterlig | 21 Oktober 1971

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Voorbladfoto-byskrif: Jonathan Hansford (20), ’n kunsstudent by die Kollege vir Gevorderde Tegniese Onderwys in Port Elizabeth, kon gister sy ore nie glo nie toe hy per telefoon in kennis gestel is dat hy ’n splinternuwe blitsmotor gewen het. Hy het al byna vergeet dat hy sowat twee maande gelede ’n 50c-kaartjie in ’n kompetisie by ’n motormaatskappy uitgeneem het. “Ek het eers gedink dat dit van my vriende is wat gekskeer, maar ek is later oortuig dat ek wel die motor gewen het,” het Jonathan vanoggend gesê. Die motor is vanmiddag aan hom oorhandig.

Soek bottelneuse: Die dolfyne wil maar nie kom nie! Die span van die oseanarium in Port Elizabeth het gister heeldag op Koningstrand waggehou, maar moes onverrigtersake teruggaan. Vanoggend is die hulp van ’n besoeker van Kaapstad met sy ligte vliegtuig selfs ingeroep, maar steeds hou die dolfyne hul lywe skaars.

Hoeksteen: BLOEMFONTEIN. – Die hoeksteen van die Bloedriviermonument is opnuut gelê nadat die monument verskuif is om plek te maak vir die 64 Voortrekkerwaens van brons wat op 16 Desember ingewy word. Dit is dieselfde hoeksteen wat 23 jaar gelede gelê is. Eergister is die hoeksteen gelê deur ds. Paul Nel van Ermelo, ’n seun van wyle eerw. Paul Nel wat die hoeksteen op 16 Desember 1938 gelê het. Die Minister van Vervoer, mnr. B.J. Schoeman, en Transvaal en Vrystaat se administrateurs, mnr. S. van Niekerk en adv. G.F. van L. Froneman, was onder andere teenwoordig. Die monument – ’n wa van graniet deur Coert Steynberg – staan nou net regs van die ingang tot die terrein waar die walaer sal kom.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
besig om te laai... Regstreeks
Manchester United 1
Arsenal 1
besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10 & 116/5
India A 276/10
besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 204/10 & 328/8
West Indies 253/10
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.95
+0.7%
Rand - Pond
21.22
+0.4%
Rand - Euro
18.02
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.31
+0.8%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Goud
1,767.33
-0.8%
Silwer
22.39
+0.3%
Palladium
1,780.47
+2.0%
Platinum
941.12
+0.6%
Brent-ruolie
68.87
-0.5%
Top-40
64,555
-0.4%
Alle aandele
71,021
-0.3%
Hulpbronne 10
67,557
-0.5%
Industriële 25
93,673
-0.4%
Finansiële 15
13,890
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos