Hy sal die dag toe hy sy makkers se bloed van die bak van ’n Jeep moet afwas nooit vergeet nie, skryf Norman McFarlane in dié uittreksel uit Across the Border wat handel or sy deelname aan Operasie Savannah in 1975-1976.
Met 4 Veldregiment wat die enigste gevegseenheid in 2 Sub-gebied was, was dit onvermydelik dat dit betrokke sou raak in die geval van enige groot oorgrensoperasie.
Ons het geweet iets is aan die gang, maar in tipiese militêre styl met die beginsel van die nodigheid om te weet was dit die onderwerp van baie gerugte en gissings wat min met harde feite te doen gehad het.