Waarom is al die fluitjieblasers oor staatskaping gewone mense en nie die uitvoerende hoofde van groot maatskappye nie, vra Magda Wierzycka onder meer in dié geredigeerde uittreksel uit haar outobiografie.
Een van die voorregte om geïdentifiseer te word as iemand wat teen korrupsie gekant is, is om genader te word deur moedige fluitjieblasers wat nie weet met wie anders om te praat nie.
Verskeie van hulle het my die afgelope paar jaar gekontak.