Die EFF het nie naby aan sy verklaarde doelwit gekom om sy steun tot minstens 12% en selfs tot 15% van die stemme in Woensdag se verkiesing te verhoog nie, maar sy steun het nietemin dramaties toegeneem.
Hy is die amptelike opposisie in drie provinsies en is in elke provinsie buiten KwaZulu-Natal (KZN) een van die drie grootste partye. In KZN is hy nou die vierde grootste party.
Die IVP het self sy steun in dié provinsie van 10% tot 16,34% verhoog en is nou die naasgrootste party met 588 046 stemme.