’n Boer kon sy oë nie glo toe hy Woensdagmiddag in gietende reën sien hoe ’n kraak in die grond binne twee uur in ’n bruisende waterval binne-in ’n sinkgat ontaard nie.
Andries van Zyl, eienaar van die plaas Mount Carmel tussen Kuruman en Daniëlskuil, sê dit was skrikwekkend om te sien hoe die aardkors deur die massa water weggekalwe word.
“Die grootste kraak is sowat 100 m lank, met ander krake daaragter. Op sekere plekke kan ons tot 30 m diep in die gat sien, hoewel dit dieper kan wees.”