As jy dit oorweeg om jou eerste beleggingseiendom te koop, wonder jy dalk, wat is die beter belegging, ’n huis of ’n woonstel? Die antwoord op dié vraag hang af van ’n kombinasie van faktore.
Mike Greeff, uitvoerende hoof van Greeff Christie’s International Real Estate, kyk hier na van die positiewe aspekte van woonstelle en huise.
“Om in eiendom te belê, is altyd ’n wyse besluit. Daar kan baie goeie opbrengs op jou belegging gemaak word met albei opsies, solank jy weet wat die doel is van jou koop.