As jy probeer om jou huis te verkoop sal die meeste professionele eiendomspraktisyns vir jou sê dat die beste kamers om op te knap, die badkamers is.
Ongelukkig, as jy regtig klein badkamers het, sal die koste om vir dié ruimtes ’n nuwe baadjie aan te trek, dalk hemelhoog wees.
Gelukkig is daar slim, goedkoop maniere om hierdie ruimtes groter te laat lyk en voel sonder om ’n konstruksiespan in te roep en hope skuld te maak.