In Kunshoekie kan kunsliefhebbers alles oor kunsuitstallings in Gauteng lees. Die rubriek verskyn elke eerste uitgawe van die maand. Stuur ’n e-pos oor uitstallings na metro@ beeld.com en skryf die woord Kunshoekie in die onderwerpveld.
- Dada Khanyisa se uitstalling Good Feelings is nog tot 13 Maart by die Stevenson-galery te sien. Sy skilderye word geïnspireer deur sosiale media en foto’s wat in nagklubs geneem is. Die galery is by 7de Laan 46, Parktown-Noord, Johannesburg.
- Babet Becker van Dogology Art se werk is tot 21 Maart te sien in die uitstalling In Search of Life by Grounded at Echo in Pierneefstraat, Villieria. Dié uitstalling het ontstaan uit nadenke oor diere se lewens wat soms misgekyk word, wat in gevaar is en wat mense se aandag nodig het. Dit vier die waardering van die diereryk, wat ons almal moet koester.
- By die Tina Skukan-galery in Faerie Glen word Lientjie Wessels, Linda Pretorius en Rogerio d’Andrade seSenses tot 11 Maart uitgestal. Die drie kunstenaars probeer al vyf sintuie aanwakker. Tina Skukan is op Plot 6, Koedoebergweg.
- Parallel Lives – Reconnecting the Tomorrowland is ’n uitstalling uit Hongkong wat tans by die Goethe-Institut in Parkwood, Johannesburg, te sien is. Dié uitstalling van HK Farm vorm deel van Goethe se 25 jaar-vieringe in Suid-Afrika.