Dit is weliswaar nog vroeg in die seisoen, maar aan talent en geesdrif was daar geen tekort op die Barry Lok-byeenkoms Vrydag by die Hoërskool Noordheuwel nie.
Atlete van die Hoërskole Garsfontein, Waterkloof, Randburg, Kempton Park, Prestige Kollege en die gasheer Noordheuwel het gewys dat daar dié seisoen na groot atle-tiek uitgesien kan word.
Zonica Lindeque van Randburg het twee skitterende rekords opgestel en volpunte op die Absa-tabel verdien.