Die storie van ’n sekere “vet tannie” wat ’n slag eers moet goed keel skoonmaak voordat iets ’n voldonge feit is, is die afgelope naweek deur Tuks se manssewesrugbyspan waar bewys toe hy Universiteitesport Suid-Afrika (Ussa) se toernooi in Margate gewen het.
In die halfeindstryd en die eindronde was Tuks met sy rug teen die muur. Dit was pure durf wat daartoe gelei het dat die span daarin kon slaag om die knoop deur te haak.
Tuks het die Universiteit van Johannesburg (UJ) in die eindronde met 7-5 geklop en in die halfeindronde was hy met 14-7 teen die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) baas. In albei gevalle is die wendrieë eers in die doodsnikke gedruk.