Selfs ’n vreemdeling in Krugersdorp sou Saterdag die spanning op die paviljoene by die Hoërskool Noordheuwel kon aanvoel.
Dit was immers die eerste keer in 15 jaar dat die Nories se eerste rugbyspan in ’n amptelike wedstryd teen hul aartsvyand, die Hoërskool Monument se Wit Bulle, te staan gekom het.
Sowat 6 000 toeskouers het om die rugbyveld saamgedrom om dié Virsekerbeker-wedstryd te aanskou.