Die Krugersdorpse Hoërskool Noordheuwel het Saterdag vir ’n opskudding op sy tuisveld gesorg toe hy amper die Hoërskool Waterkloof van Pretoria in die Virsekerbeker-wedstryd geklop het.
Die Nories het in die eerste vyf minute van die wedstryd baie goed gespeel.
Hulle was knaend op die aanval totdat ’n aangee verlore gegaan het. Waterkloof het uit dié fout munt geslaan en hul haker, Stefan Botha, het die eerste punte op die telbord aangeteken.