Hoewel bekendes soos Toks van der Linde en Breyton Paulse Vrydagaand by die Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp gekuier het, was net een persoon dié skool se gunsteling: Rocky Truter.
Truter, die Nories se rugbydirekteur, was op die stel van Toks en tjops, wat om 20:00 regstreeks vanaf dié skool op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai is.
Die skare het telkens “Rocky, my tjoppie” geskree en Paulse het naderhand gesê dit klink vir hom asof Truter eerder Rocky “Rock Star” Truter gedoop moet word.